Akkomodasie
'n Ruim, moderne en gerieflike strandhuis voor op die see met onbelemmerde 270° grade uitsig op die see en die berge. Hier word alle sorge gou vergeet by aanskoue van die branders wat na die voorstoep aangespoel kom.
Aktiwiteite
Hermanus is een van die wêreld se bekendste walviskykbestemmings waar die grotes tot teenaan die rotse kom om die walviskykers beter te kan bekyk. Daarbenewens is daar baie kilometers van wandelpaaie langs die see af, in die omringende berge en langs die strande af tot in Gansbaai. Buitengewoon mooi gholfbane, restaurante, fietsryroetes, kreefduik en talle ander buitengewone aktiwiteite wat op min plekke in die wêreld gevind word.
Dit sluit in:
- Walviskyk vanaf die land of bote
- Hokduik saam met die Groot Wittes
- Speel gholf op die mooi bane in die omgewing
- Stap langs die baie kilometers wandelpaadjies langs die see af of in die berge
- Bergfietsry in die Hemel en Aardevallei
- Wynproe by een van baie kelders in die omgewing
- Inkopies in Hermanus
- Uiteet by van die restaurante in die hawe of in die dorp
Photo's








