Roete

Vanuit die Suide, neem die N2 deur George, Wildernis en Sedgefield op pad na Knysna. Agtien (18) km voor Knysna, net na die treinbrug, draai die pad regs na Buffelsbaai vir nog nege (9) kms.

Vanuit die Noorde, neem die N2 deur Plettenbergbaai, deur Knysna, op pad na George. Agtien (18) kms aan die suidekant van Knysna, aan die onderkant van ‘n styl afdraende draai die Buffelsbaaipad net voor die treinbrug na links vir nege (9) kms. Hierdie is ‘n doodlooppad na ‘n strandparadys uniek in Suid-Afrika.