Spanbou

1. Is enige van die volgende jou onderneming of organisasie se behoefte?

• ‘n Vars benadering tot spanbou en korporatiewe beplanning
• Meer lojaliteit, respek en positiewe motivering
• Nuwe visie, missie, waardes en strategieformulering
• Gesonde avontuur en baie vars lug

‘n Stimulerende en uitdagende spanbouprogram kan volgens die behoefte van elke onderneming aangebied word. Van die ekstreme tot meer gemaksgenot aktiwiteite wat van een dag tot ‘n week en langer wissel, is moontlik. Die program kan in ’n oorlewingsmodus of met ‘n groter vlak van gerief gedoen word.

2. Vir wie:

Enige groepering van mense wat daarna streef om optimaal saam te werk as ‘n span.

Nuwe besture en leiers binne enige organisasie soos:

• Maatskappy top-, middel- en grondvlakbestuur
• Personeelgroepe of afdelings binne die organisasie
• Studenteleiers - studenterade, koshuis- en ander komitees
• Kerkleiers – predikante en pastore, kerkrade, jeuggroepe en komitees
• Skoolgroepe – onderwysers, leierleerders, klasgroepe, groter groepe
• Jeugbewegings soos Voortrekkers, Boy Scouts, Girl Guides, lewensredders, BTK, Eksplorasio, ea.

3. Avontuurkampe

Avontuurkampe waar oorlewingsvaardighede, veldfokus, veldkosmaak, karakterbou, leierskap, fisiese ontwikkeling en waardes gekweek word, kan soos ooreengekom aangebied word, ook gedurende vakansietye. Kursusleiers met ondervinding word gebruik.
Ideaal vir skole, jeugorganisasies, kerkgroepe en studente oriënteringsprogramme.

Om inisiatief te stimuleer, motivering vanuit eie geledere te ontsluit, lojaliteit te kweek, positiwe ingesteldheid te ontwikkel en om mense vir ‘n bepaalde saak saam te snoer.

4. Moontlike uitkomste:

Beplan vir sukses deur intellektuele uitkomste te stimuleer met fisiese aktwiteite in die natuur, wat die brein verskerp en idees in planne omskep.
‘n Omvattende beplanning van strategie van SSGB (SWOT analise) tot doelwitformulering, visie- en missiestelling, waardes en strategieformulering kan gefasiliteer word of eie fasiliteerders kan ook gebruik word.

Moderne tegnologie en elektroniesehulpmiddele op versoek beskikbaar.

Die natuur stimuleer inisiatief, rustigheid, helder denke en oorspronklikheid.

Sielkundige en vaardigheidsontleding, persoonlikheidstipes, sterk- en swakpunte met voorligting en bespreking word aangebied - Myers Brigs, Strength Finder, DISC om enkeles te noem.

5. Spanbou aktiwiteite om van te kies:

Benewens professionele leiding met enige beplanningsessies, kan uit een of meer van talle aktiwiteite gekies word om die span mee saam te snoer.
Die moeilikheidsgraad van elke aktiwiteit kan aangepas word om die vermoë en die fiksheid van die groep te pas.

• Abseiling
• Bergfietsry op ongerepte roetes
• GPS navigasie vir stap, dag of nag
• GPS kompetisie tussen spanne
• Radio operateurskursus – 29 mhz
• Semavoor seinkuns met vlae
• Staproetes met oorslaap in grotte vir een tot vyf nagte
• Staproetes van een uur tot ses dae langs die see en in die mooiste natuur
• Veldkookkuns
• Veldoorlewing waarin bg gekombineer word
• 4×4 roetes en basiese opleiding
• Nog baie meer

Kyk ook hieronder en by www.iala.co.za vir meer opsies