Sewefontein

Sewefontein is 'n ongerepte, eko-sensitiewe wildernisgebied op die Gifberg in die Matsikama, wat die westelike flank van die Sederberge vorm. Om hier te wees is lewensveranderend, dit is waar liggaam, siel en gees verfris word. Geniet eksklusiewe staproetes, asemrowende kranse, klowe, waterstrome en poele met gesigseinders wat verder as die toekoms strek. Sewefontein bied unieke stap, bergfiets, 4×4 en swemavonture. Pasgemaakte avontuurkampe, spanbou, strategieformulering en leierskapontwikkelingsprogramme is moontlik.